Back to top

Primary tabs

Staatsrede deur President Cyril Ramaphosa, Parlement, Kaapstad

Speaker van die Nasionale Vergadering (NA), me Thandi Modise,
Voorsitter van die Nasionale Raad van Provinsies (NRVP), mnr Amos Masondo,
Adjunkpresident David Mabuza,
Hoofregter Mogoeng Mogoeng en gewaardeerde lede van die Regbank,
Oudpresident Thabo Mbeki en mev Mbeki,
Oudpresident Kgalema Motlanthe en mev Motlanthe,
Voormalige adjunkpresident FW de Klerk en mev de Klerk,
Oud-speaker Me Baleka Mbete en mnr Khomo,
President van die Pan-Afrikaanse Parlement, sy Hoogheid Roger Nkodo Dang,
Verteenwoordiger van die Verenigde Nasies (VN), Suid-Afrika, me Anne Githuku-Shongwe,
Isithwalandwe, mnr Andrew Mlangeni,
Ministers en adjunkministers,
Premiers en speakers van provinsiale wetgewers,
President van die Suid-Afrikaanse Vereniging vir Plaaslike Regering en uitvoerende burgemeesters,
Goewerneur van die Suid-Afrikaanse Reserwebank (SARB), mnr Lesetja Kganyago,
Hoofde van Hoofstuk 9-instellings,
Leiers van geloofsgebaseerde organisasies,
Leiers van akademiese en navorsingsinstellings,
Lede van die diplomatieke korps,
Genooide gaste,
Agbare lede van die NA,
Agbare lede van die NCOP,
Mede Suid-Afrikaners,

Ndi tama u lumelisa vhathu vhoṱhe vhane vha vha fhano na hayani.

Ngibingelela bonke abantu abasekhaya nabalapha.

Ndzi xeweta vanhu hinkwavo va laha Afrika-Dzonga lava va nga ekaya na lava va nga laha.

Ke dumedisa batho ka moka bao ba leng gae le bao ba leng mo.

Dit is dertig jaar sedert Nelson Rolihlahla Mandela deur die hek van die Victor Verster-gevangenis gestap het, 'n oomblik in ons geskiedenis wat miskien meer as enige ander aangedui het dat vryheid op hande was.

Terwyl hy op die balkon van Kaapstad se stadsaal gestaan het om die massas, wat in hul tienduisende daar bymekaargekom het om hom te verwelkom, het hy gesê:

'Ons opmars na vryheid is onomkeerbaar. Ons moet nooit toelaat dat vrees in ons pad staan nie.”

Nou, 30 jaar later, terwyl ons voortgaan met ons opmars om die lewens van ons mense te verbeter, terwyl ons groot uitdagings in die gesig staar, terwyl ons moeilike tye beleef, kan ons ook nie toelaat dat vrees in ons pad staan nie.

Ons moet vooruitstreef en nie toelaat dat teëspoed of twyfel ons stuit nie.

Terwyl ons hier saam is om oor die toestand van ons land te besin, sluit die gesin van Basil February, 'n waagmoedige jong vryheidsvegter wat sy lewe in Zimbabwe verloor het in die Wankie-veldtog van 1967, by aan.

Vir 'n halfeeu was sy rusplek, soos dié van verskeie van sy kamerade, tot nou toe onbekend.

Sy bydrae, sy opofferings, is nooit vergeet nie.

Ons is vanaand hier bymekaar hier bymekaar, verootmoedig deur die herinneringe aan mans en vroue wat hul lewens gegee het vir ons vryheid, diep bewus van die groot verantwoordelikheid wat ons dra om hul drome te verwesenlik.

Daar was tye waarin ons tekortgekom het, daar is tye dat ons foute begaan het, maar ons bly onwrikbaar in ons vasberadenheid om 'n samelewing te bou wat vry en gelyk is en in vrede saamleef.

Dit blyk uit ons geskiedenis dat ons, wanneer ons in vrede en geloof verenig is, alle struikelblokke oorwin kan word en dat ons, ons land kan verander in 'n plek waarin ons almal vry, veilig en gemaklik voel.

Dit is in hierdie gees dat ons die huidige oomblik benader.

Ons land staar 'n skrille werklikheid in die gesig.

Ons ekonomie het meer as 'n dekade lank nie meer betekenisvol gegroei nie.

Al word werksgeleenthede geskep, neem die werkloosheidskoers toe.

Die herstel van ons ekonomie het tot ’n stillstand gekom omdat aanhoudende energietekorte sakeondernemings en mense se lewens ontwrig.

Verskeie ondernemings in staatsbesit (SOE's) is in nood, en ons openbare finansies is onder geweldige druk.

Dit is julle, die mense van Suid-Afrika wat hierdie las dra, gekonfronteer met stygende lewenskoste, werkloosheid, nie in staat is om armoede te ontsnap nie, nie in staat is om julle potensiaal te verwesenlik nie.

Tog is daar terselfdertyd 'n ander deel van ons werklikheid.

Dit is die realiteit van 'n jeugdige bevolking wat meer toegang tot onderwys het as ooit tevore en wat die uitkomste voortdurend verbeter.

Dit is die realiteit van 2,4 miljoen kinders in Vroeë Kinderontwikkeling- (VKO) en voorskoolse onderrig.

Dit is die ongeveer 81% van leerders wat matriek geslaag het, met 'n toenemende persentasie uit landelike en township-skole.

Vir hierdie groot prestasie, prys ons die klas van 2019.

Ons realiteit is ook dié van die 720 000 studente wat die afgelope jaar staatsfinansiering vir tegniese en beroepsonderwys en -opleiding (TVET) -kolleges en universiteite ontvang het.

Dit gaan oor die 6,8 miljoen Suid-Afrikaners wat hul MIV-status ken, die vyf miljoen mense wat met antiretrovirale behandeling begin het, en die 4,2 miljoen mense wie se HIV-viruslading gevolglik onopspoorbaar is.

Bogenoemde is nie net statistieke nie.

Dit is die lewens van gewone burgers wat verbeter word.

Dit is tekens van vordering.

Ons realiteit is ook een van oneindige potensiaal.

Van grond wat ryk is aan minerale en in 'n verskeidenheid plant- en dierelewe wat op min ander plekke in die wêreld voorkom.

Van 'n diep kapitaalbasis, uitgebreide infrastruktuur, grondige wette en robuuste instellings.

Van 'n ryk verskeidenheid, diverse, jong en talentvolle mense.

Zozibini Tunzi, wat vanaand by ons aansluit, se prestasie om as Mej Heelal gekies te word, herinner ons aan ons potensiaal om ondanks alles, groot hoogtes te bereik.

Ons verwelkom ook die Springbok-kaptein Siya Kolisi, wat 'n groep vasberade en verenigde Suid-Afrikaners gelei het om die 2019 Wêreldrugbykampioene te word.

'n Ander merkwaardige jong persoon, me Sinoyolo Qumba, 'n graad 11-leerder van Lenasia-Suid, sluit ook vanaand by ons aan.

Haar intellek, haar sosiale bewustheid, haar passie en haar ywer gee my groot vertroue in die toekoms van hierdie land.

In my eerste twee staatsredes het ek breedvoerig gepraat oor die noodsaaklikheid van sosiale ooreemkomste, en die groot verantwoordelikheid wat ons as regering het om samewerking en konsensus te bewerkstellig.

In 1994 het ons die weg van onderhandeling, kompromie en vreedsame skikking gekies, in plaas van haat en wraak.

Ons geskiedenis en hedendaagse ervaring het ons geleer dat as ons dit waarna ons strewe wil bereik, ons moet fokus op die dinge wat verenig in plaas die dinge wat ons verdeel.

Die grootste krag van ons grondwetlike demokrasie, en die rede waarom dit voortduur, is dat ons in staat was om breëbasis-koalisies en maatskaplike ooreenkomste te bewerkstellig, hetsy met sake, arbeid, spesiale belangegroepe of 'n breër burgerlike samelewing.

Die bereiking van konsensus en die bou van maatskaplike ooreenkomste is nie 'n teken van swakheid nie. Dit is die wese van wie ons is.

Dit is waarom ons die afgelope twee jaar hard gewerk het om konsensus rondom ons ekonomiese herstelplan te smee en op te bou.

In sy intreerede op 10 Mei 1994 het wyle President Nelson Mandela gesê:

“Vandag sluit ons 'n verbond dat ons 'n samelewing moet bou waarin alle Suid-Afrikaners, swart sowel as wit, in staat sal wees om hul koppe hoog te hou sonder vrees in hul harte, verseker van hul onvervreembare reg op menswaardigheid.”

Hierdie regering bly onherroeplik daartoe verbind om die verbond te handhaaf.

Dit is 'n verbond wat gesetel is in die strategiese doelwit van ons Nasionale Ontwikkelingsplan, wat daarop gerig id om armoede uit te skakel en ongelykheid teen 2030 te verminder.

Laat ons eerlik erken dat die regering nie alleen ons ekonomiese uitdagings kan oplos nie.

Selfs al sou ons elke enkele bron tot ons beskikking gebruik en 'n groot besteding van openbare fondse aangaan, sou ons nie alleen die miljoene mense wat werkloos is kon werk kry nie.

Wat ons bereik het, het ons saam bereik.

In die afgelope twee jaar - vandat ek vir die eerste keer hier gestaan het om 'n SoNA te lewer - het ons daaraan gewerk dat Suid-Afrikaners ooreenkomste moet aangaan om die vele uitdagings wat voorlê, die hoof te bied.

Deur die Beraad oor Werksgeleenthede het ons arbeid, die sakesektor, die regering en gemeenskappe bymekaar gebring om oplossings vir die werkloosheidskrisis te vind, en ek en die adjunkpresident, om struikelblokke uit die weg te ruim en ingrypings te bewerkstellig wat werksgeleenthede bewaar en nuwes skep.

Ons het, as die regering en die burgerlike samelewing, as gemeenskappe en geloofsgroepe, byeengekom om die geweld wat mans teen vroue pleeg, te konfronteer.

Ons het die sakesektor, arbeid en die regering bymekaar gebring om meesterplanne op te stel vir die nywerhede wat die grootste groeipotensiaal het.

Ons het as verskillende regeringsfere, as verskillende staatsentiteite, as sakeverenigings en gemeenskapsgroepe bymekaargekom onder 'n nuwe Distriksontwikkelingsmodel (DOM) wat ons benadering tot plaaslike ontwikkeling fundamenteel verander.

 Ons het sosiale ooreenkomste aangegaan, want dit is deur vennootskappe en samewerking dat ons vordering maak.

Die afgelope twee jaar het ons saam gewerk om ons ekonomie te stabiliseer en 'n grondslag vir groei te bou.

Ons was doelbewus besig om instellings te herbou en struikelblokke uit die pad van investering te verwyder.

Ons het beslissend opgetree teen staatskaping en teruggeveg teen korrupsie.

Ons het die reikwydte van onderwys geleidelik verbeter, die gehalte van gesondheidsorg verbeter en aandag gegee aan die basiese behoeftes van armes.

Maar dit was nie genoeg nie.

Dit was nie genoeg om ons ekonomie te bevry van die nadelige erfenis van ons verlede nie, en ook nie van die foute wat ons self begaan het nie.

Dit was onvoldoende om ons te red van die knellende gevolge van beurtkrag, of van 'n onstabiele en gedempte wêreldekonomie.

En daarom bevind ons, ons vandag op 'n beslissende oomblik.

Ons het 'n keuse.

Ons kan swig voor die vele en moeilike en voortslepende probleme wat ons die gesig staar, of ons kan hulle met vasberadenheid en met daadwerklike optrede konfronteer.

Omdat ons kies om ons uitdagings die hoof te bied, is ons onmiddellike, wesenlike en oorkoepelende taak om ons ekonomie op 'n pad van inklusiewe groei te plaas.

Sonder groei sal daar geen werksgeleenthede wees nie, en sonder werksgeleenthede sal daar geen betekenisvolle verbetering in die lewens van ons mense wees nie.

Hierdie SoNA gaan dus oor inklusiewe groei.

Dit gaan oor die kritieke stappe wat ons hierdie jaar neem om ’n bevoegde staat te skep en ons ekonomie op die pad na herstel te plaas.

Hierdie jaar herstel ons die basiese dinge.

Ons streef na kritieke groeigebiede.

En ons verseker uitnemendheid in beplanning in die uitvoering van die regering se take.

Mede Suid-Afrikaners,

Suid-Afrikaners het reeds meer as 'n dekade te kampe met die gevolge van 'n beperkte energievoorraad.

Ek het reeds voorheen die kritieke rol wat Eskom in die ekonomie van ons land en in die lewensbestaan van elke Suid-Afrikaner speel, breedvoerig bespreek.

Die beurtkrag van die afgelope paar maande het 'n verswakkende uitwerking op ons land gehad.

Dit het ons pogings om die ekonomie te herbou en werk te skep, ernstig vertraag.

Elke keer as dit voorkom, ontwrig dit mense se lewens; dit veroorsaak frustrasie, ongerief en ontberings.

In sy kern is beurtkrag die onvermydelike gevolg van Eskom se onvermoë oor baie jare - weens skuld, 'n gebrek aan kapasiteit en staatskaping - om sy kragstasies in stand te hou.

Die realiteit wat ons moet aanvaar, is dat Eskom die noodsaaklike fundamentele instandhouding moet onderneem om die betroubaarheid van die aanbod te verbeter, beurtkrag 'n moontlikheid vir die onmiddellike toekoms sal bly.

Waar beurtkrag onvermydelik is, moet dit onderneem word op 'n voorspelbare manier, wat ontwrigting en die koste van ondernemings en huishoudings tot ’n minimum beperk.

In die volgende paar maande, terwyl Eskom sy bedryfsvermoë herstel, sal ons maatreëls implementeer wat die trajek van energie-opwekking in ons land fundamenteel sal verander.

Ons onderneem die volgende maatreëls om die opwekkingskapasiteit buite Eskom vinnig en aansienlik te verhoog:

  • 'n Artikel 34-ministeriële bepaling sal binnekort deur die Minister van Minerale Hulpbronne en Energie uitgereik word om uitvoering te gee aan die Geïntegreerde Hulpbronplan 2019, wat die ontwikkeling van bykomemde netwerk-kapasiteit uit hernubare energie, aardgas, hidrokrag, batteryberging en steenkool in staat stel.
  • Ons sal die verkryging van noodkrag in werking stel deur projekte wat elektrisiteit binne drie tot 12 maande ná goedkeuring na die netwerk kan lewer.
  • Die Nasionale Energiereguleerder sal voortgaan om kleinskaalse verspreide opwekking te registreer vir eie gebruik van onder een megawatt (MW), waarvoor geen lisensie nodig is nie.
  • Die Nasionale Energiereguleerder sal toesien dat alle toepassings deur kommersiële en industriële gebruikers om elektrisiteit vir eie gebruik bo 1MW te vervaardig, binne die voorgeskrewe 120 dae verwerk word.

Daar moet kennis geneem word dat daar nou geen beperking is op geïnstalleerde kapasiteit bo 1MW nie.

  • Ons sal bodvenster 5 van die onafhanklike kragprodusente (IPP's) vir hernubare energie oopmaak en met produsente saamwerk om die voltooiing van venster 4-projekte te versnel.
  • Ons sal oor aanvullende aankoopooreenkomste vir krag onderhandel om bykomende kapasiteit by bestaande wind- en sonkragaanlegte te verkry.
  • Ons sal ook maatreëls instel om munisipaliteite van goeie finansiële stand in staat te stel om hul eie krag van IPP's te verkry.

Ooreenkomstig die padkaart wat verlede jaar aangekondig is, het Eskom die proses om sy drie operasionele aktiwiteite van mekaar te skei in werking begin stel – kragopwekking, transmissie en verspreiding – elk met sy eie raad- en bestuurstrukture.

Die maatskaplike vennote onder die Nasionale Ekonomiese Ontwikkelings- en Arbeidsraad, het gedurende die afgelope twee weke vergader om ooreen te kom oor die beginsels van ’n maatskaplike kontrak oor elektrisiteit.

Dit is 'n historiese en ongekende ontwikkeling, aangesien dit die toewyding van alle maatskaplike vennote toon om die nodige stappe te neem en die nodige opofferings te maak om ons te verseker dat daar aan ons energiebehoeftes voldoen word.

Deur hierdie ooreenkoms soek die maatskaplike vennote 'n doeltreffende, produktiewe en geskikte Eskom wat krag opwek teen billike pryse vir gemeenskappe en nywerhede.

Dit vereis 'n drastiese verlaging van die koste - insluitend 'n hersiening van onreëlmatige kontrakte – sowel as maatreëls om hulpbronne te mobiliseer wat Eskom se skuld sal verminder en waar nodig vars kapitaal sal voorsien.

Die maatskaplike vennote – vakbonde, sake, gemeenskapsgebaseerde organisasies en die regering - is daartoe verbind om geld te mobiliseer om Eskom se finansiële krisis op 'n finansieel volhoubare manier aan te pak.

Hulle wil dit op 'n manier doen wat werknemers se pensioen nie in gevaar stel nie en wat nie die integriteit van die finansiële stelsel in die gedrang bring nie.

Terwyl hulle hierdie ooreenkoms wil finaliseer, is die realiteit dat ons energiestelsel beperk sal bly totdat nuwe energie-opwekking in werking tree.

Deur hierdie onmiddellike maatreëls en die werk wat gedoen word om ons elektrisiteitsbedryf fundamenteel te herstruktureer, sal ons 'n veilige aanbod van betroubare, bekostigbare en uiteindelik volhoubare energie bewerkstellig.

Ons onderneem hierdie beslissende verskuiwing in ons energietrajek in 'n tyd waarin die mensdom sy grootste eksistensiële bedreiging in die vorm van klimaatsverandering in die gesig staar.

Gister het ek Ayakha Melithafa ontmoet, 'n jong klimaataktivis van Eerste Rivier wat hierdie jaar die Wêreld Ekonomiese Forum in Davos bygewoon het om 'n beroep op wêreldleiers te doen om vas te staan vir klimaatsgeregtigheid.

Ayakha het my gevra om seker te maak dat geen kind in Afrika agterbly in die oorgang na 'n lae-koolstof, klimaat-veerkragtige en volhoubare samelewing nie; en dit is 'n belofte wat ek van plan is om na te kom.

Die Presidensiële Kommissie vir Klimaatsverandering sal toesien dat namate ons na lae-koolstofgroeipad beweeg, ons niemand sal agterlaat nie.

Ons finaliseer die wetsontwerp op klimaatsverandering, wat 'n regulatoriese raamwerk vir die doeltreffende bestuur van die onvermydelike gevolge van klimaatsverandering bied. Dit sal bereik word deur die aanpassingsvermoë te verbeter, die veerkragtigheid te versterk en die kwesbaarheid vir klimaatsverandering te verminder, sowel as om nuwe nywerheidsgeleenthede in die groen ekonomie te indetifiseer

Agbare lede,

Ons moet ons openbare finansies regstel.

Lae groeivlakke beteken dat ons nie genoeg inkomste genereer om ons uitgawes te dek nie, ons skuld is op pad na onvolhoubare vlakke terwyl besteding verkeerd gerig is op verbruik en skulddiens eerder as infrastruktuur en produktiewe aktiwiteite.

Ons kan nie op hierdie trant voortgaan nie. Maar ons kan ook nie bekostig om stil te sit nie.

Wanneer die Minister van Finansies oor twee weke sy begrotingsrede lewer, sal hy 'n reeks maatreëls uiteensit om besteding te verminder en die samestelling daarvan te verbeter.

Ons werk saam met die arbeidsektor en ander belanghebbendes oor maatreëls om die openbare loonrekening in toom te hou en om vermorsing te verminder.

Pogings om owerheidsbesteding te verminder, hulpbronne te prioritiseer en die doeltreffendheid van ons belastingstelsel te verbeter, is belangrike - maar onvoldoende - bydraes om ons openbare finansies te stabiliseer.

Om volhoubaarheid te bereik, sal ons uiteindelik aandag moet gee aan strukturele uitdagings in die ekonomie wat die lewenskoste en die koste van saketransaksies verhoog.

Ons beoog om die stand van openbare finansies te verbeter deur met die Ouditeur-Generaal saam te werk om onreëlmatige uitgawes te verminder deur die regering se besteding van verbruiksbesteding na investering in infrastruktuur te verskuif.

Die Nasionale Tesourie en SAID werk saam om die druk op sake en verbruikers te verlig.

Ons het besluit om 'n soewereine welvaartfonds in te stel om die nasionale begiftiging van ons land te bewaar en te laat groei, wat praktiese betekenis gee aan die opdrag dat die mense in die rykdom van die land sal deel.

Ons gaan ook voort met die stigting van 'n staatsbank as deel van ons poging om toegang tot finansiële dienste aan alle Suid-Afrikaners uit te brei.

Die Minister van Finansies sal meer besonderhede hieroor verstrek in sy Begrotingsrede.

Ons sal verreikende maatreëls vir ekonomiese hervorming instel, wat in die referaat wat deur die Nasionale Tesourie opgestel is, getiteld Ekonomiese Transformasie, Inklusiewe Groei en Mededingendheid, vervat word.

Hierdie jaar beweeg ons van die stabilisering van ondernemings in staatsbesit (SOE’s) na die herposisionering van hierdie strategiese ondernemings om groei en ontwikkeling te ondersteun.

Na jare van staatskaping, korrupsie en wanbestuur, werk ons daaraan om te verseker dat alle SOE's hul ontwikkelingsmandaat kan nakom en finansieel volhoubaar kan wees.

In oorleg met die Presidensiële SOE-raad, sal ons 'n proses van rasionalisering van ons SOE's onderneem en verseker dat dit strategiese ekonomiese of ontwikkelingsdoeleindes dien.

Die omvang van die staatsgreep, korrupsie en wanbestuur in SOE's, is veral duidelik in die Suid-Afrikaanse Lugdiens, wat einde verlede jaar in sakeredding geplaas is.

Die sakereddingspraktisyns sal na verwagting hul planne vir die herstrukturering van die lugdiens binne die volgende paar weke onthul.

In die belang van die Suid-Afrikaanse lugvaartbedryf en ons ekonomie, is dit noodsaaklik dat 'n toekomstige herstruktureerde lugdiens kommersieel en operasioneel volhoubaar sal wees en nie van verdere regeringsfinansiering afhanklik sal wees nie.

'n Belangrike prioriteit hierdie jaar is om die pendeltreinstelsel, wat noodsaaklik is vir die ekonomie en die lewensgehalte van ons mense, reg te stel.

Ons spoornetwerk vervoer daagliks meer as 'n miljoen pendelaars na en van hul werkplekke.

Ons moderniseer die Passasierspooragentskap van Suid-Afrika se spoornetwerk.

Die sentrale lyn in die Wes-Kaap en die Mabopane-lyn in Pretoria is gesluit vir noodsaaklike herstelwerk en opgradering.

Ons belê R1,4 miljard in elk van hierdie lyne om 'n veilige, betroubare en bekostigbare diens te lewer.

Werk aan ander lyne sluit stasie-opgraderings, die vervanging van parkeergeriewe, nuwe seinstelsels en oorhoofse elektriese trekkragopgraderings in.

Terwyl ons daaraan werk om die Staat vermoëns te verbeter, besef ons dat groei en werkskepping tot ‘n groot mate deur private ondernemings gedryf sal word.

Ons bou dus 'n bedryfsomgewing wat gunstig is om sake te doen.

In samewerking met maatskaplike vennote het ons voortgegaan om verskeie kwessies wat in die pad van werkskepping gestaan het, te pak.

Watergebruikslisensies, wat so noodsaaklik is vir bedrywighede op plase, fabrieke en myne, het voorheen buitengewoon baie tyd geneem om te verwerk, soms tot vyf jaar.

Ons kan aankondig dat lisensies vir watergebruik nou binne 90 dae uitgereik sal word.

 Dit het vroeër maande geduur om 'n maatskappy te registreer.

Deur die Bizportal-platform kan 'n mens nou op een dag 'n onderneming registreer, vir die Werkloosheidsversekeringsfonds en die Suid-Afrikaanse Inkomstediens registreer en selfs 'n bankrekening open.

Ons hawens is oorvol en ondoeltreffend.

In die loop van hierdie jaar sal ons 'n fundamentele opknapping van die Durbanse hawe onderneem – die derde grootste houerterminaal in die Suidelike Halfrond – om vertragings en koste te verminder.

Die belangrikste bydrae wat ons tot inklusiewe ekonomiese groei kan lewer, is die ontwikkeling van toepaslike vaardighede en vermoëns.

Die beleggings wat ons nou in VKO en vroeë skoolonderrig doen, sal binne die volgende twee dekades – en daarna – beduidende ekonomiese voordele oplewer.

Ons onderneem egter onmiddellike ingrypings om die gehalte en die toepaslikheid van ons opvoedkundige uitkomste te verbeter.

Ons maak vordering met die bekendstelling van die driestroom-kurrikulummodel, wat 'n fundamentele fokusverskuiwing in die rigting van meer beroeps- en tegniese onderwys inhou.

Verskeie tegniese beroepsgerigte spesialiserings is reeds in 550 skole ingestel en 67 skole is nou besig om die beroepsstroom te loods.

Ons bou vanjaar nege nuwe TVET-kolleges, naamlik in Sterkspruit, Aliwal-Noord, Graaff Reinet en Ngungqushe in die Oos-Kaap, en in Umzimkhulu, Greytown, Msinga, Nongoma en Kwagqikazi in KwaZulu-Natal.

Deur bilaterale ooreenkomste vir studentebeurse, wat ons met ander lande gesluit het, stuur ons gereeld groot groepe jong mense oorsee vir opleiding in kritieke vaardighede.

Ons het gesien watter uitwerking dit op die Nelson Mandela Fidel Castro Mediese Opleidingsprogram in Kuba het, wat meer as 1 200 mediese dokters opgelewer het. Na verwagting sal nog 640 studente in Desember 2020 gradueer.

Die program is 'n lewende monument vir hierdie twee groot rewolusionêres.

Verlede jaar het ek gepraat oor ons plan om tabletrekenaars aan leerders in skole te voorsien.

Die verspreiding van hierdie tablette is aan die gang.

Ons het gesê dat elke tienjarige moet kan lees vir betekenis.

Ons vroeë leesprogramme is besig om momentum te kry.

Vanjaar stel ons kodering en robotika in graad R tot graad 3 in 200 skole bekend, met die plan om dit teen 2022 ten volle te implementeer.

Ons het besluit om 'n nuwe Universiteit vir Wetenskap en Innovasie in Ekurhuleni te stig.

Ekurhuleni is die enigste metro in ons land wat nie 'n universiteit het nie.

Dit stel jongmense in daardie metro in staat om opgelei te word in die jongste hoë impak tegnologiese innovasie vir huidige en toekomstige nywerhede.

Belegging en groei vereis 'n veilige, stabiele en misdaadvrye omgewing.

Belangriker nog, dit is fundamenteel tot die strewe van al ons mense om in veiligheid, vrede en gemak te leef.

Polisiesigbaarheid, doeltreffende opleiding en beter hulpbronne vir polisiestasies is ons prioriteite.

Ek het ons antwoord op die toenemende probleem van kriminele groepe wat geld uit konstruksie en ander ondernemings afpers, geprioritiseer.

Gespesialiseerde eenhede – wat die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) en die Nasionale Vervolgingsgesag bymekaarbring – het die mandaat om hierdie misdade van ekonomiese ontwrigting te bekamp.

Om groei in die toerismebedryf te bevorder, sal die SAPD sigbaarheid op geïdentifiseerde toeriste-aantreklikheidsterreine verhoog.

Toerismeveiligheidsmonitors word opgelei en 'n reserwe-polisiekapasiteit sal vestig word om op die polisiëring van toeriste-aantreklikheidsgebiede te fokus.

Anti-bende-eenhede sal versterk word en voorkeur sal aan die Wes-Kaap, Oos-Kaap, Gauteng en die Vrystaat gegee word.

Nadat 5 000 polisieleerlinge verlede jaar gegradueer het, is 7 000 nuwe polisie-leerlinge ingeskakel om plaaslike polisiëring te versterk.

Om die gehalte van algemene en gespesialiseerde SAPD-ondersoeke te verbeter, word 'n Universiteit vir Misdaadopsporing in Hammanskraal gestig.

Mede-Suid-Afrikaners

Die afgelope ses maande is die nasie tot aksie aangespoor – regdeur gemeenskappe, die regering, die burgerlike samelewing, godsdienstige groeperinge, die Regbank en die Parlement – om die krisis van geweld wat mans teen die vroue van ons land pleeg, te beëindig.

Dit het werklik tot 'n verenigde en vasberade reaksie by alle Suid-Afrikaners gelei.

Ons sal baie meer bereik in die stryd teen hierdie plaag as ons maatskaplike ooreenkomste op alle vlakke van die samelewing bou.

Maar dit is slegs die begin van die stryd.

Ons het 'n noodaksieplan in werking gestel en R1,6 miljard herprioritiseer om hierdie plan tot die einde van die huidige finansiële jaar te ondersteun.

Daar was vordering op verskillende terreine.

Ons sal die Wet op Gesinsgeweld wysig om slagoffers in gewelddadige huishoudelike verhoudings beter te beskerm en die Wet op Seksuele Misdrywe wysig om die kategorieë van seksoortreders wie se name in die Nasionale Register vir Seksoortreders opgeneem moet word, te verbreed. Ons sal ook 'n wet aanneem om borgtog en vonnisvoorwaardes in sake rakende geslagsgebaseerde geweld (GBV) behels, te verskerp. 

Ons sal nie ons stryd teen korrupsie en staatskaping verslap nie.

Ons moet saamwerk om korrupsie uit te roei en die oppergesag van die reg te versterk.

Ons behoort nie omkoopgeld te vra of betaal of korrupte dade onderneem nie.

Ons moet ons daartoe verbind om misdaad aan te meld wanneer ons sien dat dit gepleeg word nie.

Hierdie stryd kan slegs gewen word as dit deur alle gemeenskappe opgeneem word, as ons 'n formidabele maatskaplike oreenkoms op alle terreine opbou.

Ons verwelkom dus die werk van die gesamentlike regerings- en burgerlike samelewingswerkgroep wat opdrag het om 'n nasionale anti-korrupsiestrategie en implementeringsplan te ontwikkel.

Die werkgroep nader die voltooiing van hierdie fase van sy werk en daar word beplan om die strategie teen die middel van die jaar te loods.

Die Zondo-kommissie van Ondersoek na Staatskaping gaan voort met sy kritieke werk met die volle steun van die regering en ander instellings.

Ek het 'n gedetailleerde en omvattende verslag oor die Kommissie van Ondersoek na die Openbare Beleggingskorporasie ontvang.

Ek sal dit binne 'n paar dae aan die publiek beskikbaar stel, saam met 'n plan om die bevindinge en aanbevelings voort te sit-

Mede-Suid-Afrikaners,

Terwyl ons die basiese uitdagings aanpak, namate ons die hervormings wat ons aangebring het versterk, streef ons na kritieke gebiede van inklusiewe groei.

In die vorige SoNA het ek gesê dat dit 'n kritieke beleggingsarea is wat strukturele transformasie, groei en werkskepping ondersteun.

Die Infrastruktuurfonds se implementeringspan het die lys projekte wat gereed is om van stapel gestuur te word, gefinaliseer en het begin met die uitbreiding van private beleggings in openbare infrastruktuursektore met inkomstestrome.

Dit sluit in kwessies soos studenteverblyf, maatskaplike behuising, onafhanklike watervoorsiening, treinvragte vir spoorweë, vasgelegde elektrisiteitsopwekking, munisipale grootmaatinfrastruktuur en die implementering van breëband.

Die span het 'n projekpyplyn met potensiële beleggings van meer as R700 miljard oor die volgende tien jaar, insluitend regerings- sowel as nie-regeringsbydraes.

Die hyskrane en geel toerusting wat ons graag in ons landskappe wil sien, sal binnekort weer 'n alledaagse gesig wees.

Die maatskaplike behuisingsprogram om huurbehuising vir gesinne met 'n lae inkomste te bou, is in die implementeringsfase, wat soveel as R9 miljard se private belegging in die oprigting van 37 000 huurwoonstelle sal benut.

Studente op universiteit en TVET-kolleges staar ernstige verblyfuitdagings in die gesig.

Sommige het nie eens slaapplek na lesings nie en gaan slaap in biblioteke.

Ons gaan oor die volgende jaar R64 miljard aan studenteverblyf bestee en sal ten minste nog R64 miljard uit private beleggings gebruik.

Hierdie bouprojekte is gereed om te begin.

Ons praat al amper 'n dekade oor die Umzimvubu-dam in die Oos-Kaap, met min te sien op die grond.

Ons is vasbeslote om die finansiële en ander uitdagings te oorkom, wat vordering vertraag het en hierdie belangrike bron van die mense in hierdie omgewing weerhou het.

Die konstruksie van paaie op die terrein het begin, en ek besoek binnekort die terrein om seker te maak dat hierdie werk voortgesit word

Ons begin hierdie jaar 'n toerisme-aandelefonds om transformasie in toerisme te stimuleer.

Verlede jaar het ek die nasie gevra om saam met by my 'n nuwe slimstad (smart city) te verbeel, 'n ware post-apartheid sad, wat sou verrys om die sosiale en ekonomiese ruimtelike argitektuur van apartheid te verander.

 'n Nuwe slimstad wat in Lanseria vorm aanneem, sal binne die volgende dekade   die tuiste van 350 000 tot 500 000 mense huisves.

Die proses word deur die Kantoor vir Belegging en Infrastruktuur in die Presidensie gelei, in samewerking met die provinsiale regerings van Gauteng en Noordwes, wat saam met die stede Johannesburg, Tshwane en Madibeng werk.

Ons werk saam met instellings vir ontwikkelingsfinansiering en stel 'n innoverende proses saam, wat die grootmaat riool, elektrisiteit, water, digitale infrastruktuur en paaie sal finansier wat die grondslag van die nuwe stad sal vorm.

Dit sal nie net slim en 5G-gereed wees nie, maar sal ook 'n toonaangewende maatstaf wees vir groen-infrastruktuur op die vasteland en internasionaal.

Ons sal 'n alternatiewe township- en landelike paaie-program loods waartydens vier eksperimentele padafstande van 50 km elk in verskillende dele van die land gebou sal word.

Hierdie inisiatief sal koste-effektiewe oplossings vir die land verseker, sowel as betekenisvolle oordrag van vaardighede en groter potensiaal vir arbeidsintensiewe werkskepping as konvensionele pakonstruksiemetodes.

Mede Suid-Afrikaners,

Ons word gekonfronteer met die krisis van jeugwerkloosheid.

Van die 1,2 miljoen jongmense wat elke jaar die arbeidsmark betree, bly ongeveer twee werkloos, sonder onderwys en opleiding.

Meer as die helfte van alle jongmense is werkloos. Dit is 'n krisis.

Ons moet hierdie land vir jong mense laat werk, sodat hulle vir hul land kan werk.

Die oplossing vir hierdie krisis moet tweeledig wees – ons moet almal geleenthede skep vir jeugwerk en selfindiensneming.

Met betrekking tot jeugindiensneming, begin ons met die implementering van die Presidensiële Jeugindiensnemingsintervensie – ses prioriteitsoptredes gedurende die volgende vyf jaar om jeugwerkloosheid te verminder.

Eerstens skep ons weë vir jong mense in die ekonomie.

Ons is besig met die nuutste oplossings om jong mense te bereik waar hulle is – aanlyn, telefonies en persoonlik.

Dit sal hulle in staat stel om aktiewe ondersteuning, inligtings- en werkgereedheidsopleiding te ontvang om hul indiensneembaarheid te verhoog en om hulself by geleenthede in te pas.

Vanaf hierdie maand loods ons vyf prototipe-webwerwe in vyf provinsies wat tot 'n nasionale netwerk sal ontwikkel om Eindelik drie miljoen jongmense deur verskeie kanale te bereik.

Dit sal hulle in staat stel om aktiewe ondersteuning te kry, sowel as om inligtings- en werkgereedheidsopleiding te ontvang om hul indiensneembaarheid te verhoog en hulself by werksgeleenthede in te pas.

Tweedens verander ons fundamenteel hoe jongmense voorberei word op die toekoms van werk, en bied korter, meer buigsame kursusse in spesifieke vaardighede aan, waaraan daar ’n behoefte is by werkgewers in vinnig groeiende sektore.

Derdens ontwikkel ons nuwe en innoverende maniere om entrepreneurskap en self-indiensneming by jong mense te bevorder.

Vierdens vergroot ons die Jeugindiensnemingsdiens en werk ons saam met TVET-kolleges en die privaatsektor om te verseker dat meer leerders praktiese ervaring in die werkplek opdoen om hul opleiding te voltooi.

Vyfdens vestig ons die eerste groep jongmense van 'n Presidensiële Jeugdiensprogram, wat die potensiaal van die jeug sal ontsluit en vir hulle geleenthede sal bied om ’n inkomste te verdien terwyl hulle ’n bydrae tot nasiebou lewer.

Laastens lei ons 'n jeug-indiensnemingsinisiatief wat befonds sal word deur 1% van die begroting opsy te sit om die hoë vlakke van jeugwerkloosheid te pak.

Dit sal uit die boonste laag uit die begroting geneem word, wat sal vereis dat ons almal ons gordels stywer sal moet trek en hulpbronne moet herlei om die nasionale krisis van jeugwerkloosheid die hoof te bied.

Die Minister van Finansies sal hierdie inisiatief prioritiseer en spesifieke besonderhede gee wanneer hy later vanjaar die Mediumtermyn Begrotingsbeleidsverklaring lewer.

Hierdie ses inisiatiewe sal gesamentlik verseker dat elke jong persoon in hierdie land 'n plek het om heen te gaan, dat hul energie en vermoëns benut word, en dat dit kan bydra tot die groei van hul gemeenskappe en hul land.

As deel van hierdie tussenkoms sal die Nasionale Agentskap vir Jeugontwikkeling en die Departement van Kleinsakeontwikkeling binne die volgende 100 dae, van môre af, finansierings- en sakesteun aan 1 000 jong entrepreneurs bied.

Ons het drie van hierdie jong entrepreneurs genooi om vanaand hier by ons aan te sluit: Siyabonga Tiwana, Sibusiso Mahone en Tholakele Nkosi.

Hulle en ander soos hulle bewys dat jong mense, met die nodige ondersteuning, hul eie geleenthede kan skep.

Hierdie drie jong entrepreneurs vorm deel van 'n groter en meer ambisieuse program om 100 000 jong entrepreneurs oor die volgende drie jaar by te staan om toegang tot opleiding in sakevaardigheid, befondsing en markfasilitering te verkry.

Die bemagtiging van vroue is van kritieke belang vir inklusiewe ekonomiese groei.

Ons stel die SheTradesZA-platform bekend om ondernemings in die besit van vroue te help om deel te neem aan wêreldwye waardekettings en markte.

Oor die volgende vyf jaar mik die Nywerheidsontwikkelingskorporasie daarna om R10 miljard van sy eie en vennootbefondsing aan vrouebemagtigsondernemings te voorsien.

Om 'n groter mark vir klein ondernemings te skep, beplan ons om 1 000 plaaslik vervaardigde produkte aan te wys wat aangekoop moet word by klein, medium en mikro-ondernemings.

Die Wetsontwerp op Verkryging sal binnekort aan die Parlement voorgelê word as deel van ons pogings om swart en opkomende ondernemings te bemagtig en radikale ekonomiese transformasie te bevorder.

Hierdie jaar versterk ons, ons pogings om beleggings te bevorder met die vestiging van 'n geïntegreerde beleggingspromosie en fasiliteringsvermoë, gekoördineer deur die Presidensie.

Ons hou ons derde Suid-Afrikaanse Beleggingskonferensie in November om die implementering van vorige verpligtinge te hersien en nuwe beleggings in ons ekonomie te genereer.

Op die tweede Beleggingskonferensie in Suid-Afrika verlede jaar, het meer as 70 ondernemings beleggingsverpligtinge van R364 miljard aangegaan in uiteenlopende nywerhede soos gevorderde vervaardiging, agro-verwerking, infrastruktuur, mynbou, dienste, toerisme en gasvryheid.

In die eerste twee jaar van ons ambisieuse beleggingsveldtog het ons altesaam R664 miljard se beleggingsverpligtinge gewerf, wat meer as die helfte van ons vyfjaarteiken van R1,2 triljoen is.

Die belangrikste is dat hierdie beleggings 'n wesenlike impak het.

Projekte met 'n beleggingswaarde van R9 miljard is reeds voltooi en 27 projekte ter waarde van net meer as R250 miljard is in die implementeringsfases, met meer wat vanjaar in werking sal tree.

Ek het nuwe fabrieke besoek wat slimfone maak, en aanlegte wat uitgebrei word om meer motors te produseer; ek het ook deur die stof op konstruksieterreine by verskaffersaanlegte gestap.

Ons was by die opening van fasiliteite wat goedere vervaardiging, wat wissel van kragkabels tot sanitêre produkte, van bande tot voedsel.

Ons het belangrike vordering gemaak met die finalisering en implementering van meesterplanne in belangrike dele van ons ekonomie.

Hierdie meesterplanne bring die regering, arbeid en die sakesektor bymekaar om praktiese maatreëls te ontwikkel wat groei op sektorvlak sal aanwakker en waartoe elke vennoot sal bydra om dit te laat werk.

Danksy die Motormeesterplan, het ons verlede jaar meer motors as ooit tevore aan die res van die wêreld verkoop, wat werksgeleenthede aan die jeug in die Oos-Kaap en KwaZulu-Natal gebied het.

Ons het 'n nuwe spesiale ekonomiese spilpunt vir die motorvervaardigingsbedryf in Tshwane bekendgestel, wat die produksie en plaaslike vervaardiging van komponente sal uitbrei.

Die meesterplan vir klere en tekstiele, wat verlede jaar onderteken is, het ten doel om oor die volgende dekade 121 000 nuwe werksgeleenthede in die kleinhandelsklere, tekstiel- en skoeiselsektor te skep.

Dit behels ondernemings deur kleinhandelaars om plaaslik goedere te koop; deur vervaardigers om in transformasie te belê en dit te ondersteuning, en deur arbeid om bedingingstrukture te ontwikkel wat doeltrefffende vervaardiging bevorder.

Die regering het reeds begin om kragtig teen onwettige invoer op te tree en het in die laaste kwartaal van 2019 op bykans 400 houers met onderfaktureerde produkte beslag gelê.

Die pak klere wat ek vandag dra, soos verlede jaar, is trots gemaak deur Suid-Afrikaanse werkers. Ek wil almal van ons aanmoedig om Suid-Afrikaanse produkte te koop.

Ons het die Pluimveemeesterplan voltooi om hoenderboere en -verwerkers te ondersteun en 54 000 poste te bespaar terwyl ons nuwe werksgeleenthede skep.

Die bedryf fokus nou op groei, groter produksie en meer belegging.

Ons sal binne twee weke 'n nuwe tariefaanpassing vir die invoer van pluimvee instel om die plaaslike bedryf te ondersteun.

Ons het 'n plan saam met boere en industriële gebruikers opgestel om werksgeleenthede in die suikerbedryf te behou en sal binne die volgende ses weke 'n Suikermeesterplan finaliseer; ons verwag ook dat 'n nuwe Staalmeesterplan binne die volgende ses maande afgehandel sal wees.

Van vandag af, sal nuwe regulasies wat in die Staatskoerant gepubliseer is, die ondersoek en optrede teen die misbruik van koperskrag en prysdiskriminasie moontlik maak.

Dit sal selfs die speelveld vir klein ondernemings en opkomende ondernemers help.

Marknavrae oor datadienste, die kruidenierswinkelmark en gesondheidsorg het die basis gebied vir maatreëls om koste vir verbruikers te verlaag en hierdie sektore meer mededingend te maak.

Die mededingingsowerhede werk nou saam met die groot selfoonoperateurs om 'n noemenswaardige besnoeiing in datapryse oor voorafbetaalde maandelikse bondels te bewerkstellig, sowel as bykomende afslag op huishoudings met 'n lae inkomste, 'n gratis daaglikse toewysing van data en gratis toegang tot opvoedkundige en ander webblaaie wat van openbare belang is.

Dit is 'n belangrike stap om lewens te verbeter, mense toegang te gee tot die digitale ekonomie en aanlynondernemings te stimuleer.

Die digitale ekonomie sal toenemend 'n aandrywer van groei en 'n werkskepper word.

Die Presidensiële Kommissie vir die Vierde Industriële Revolusie het verreikende aanbevelings gemaak wat 'n invloed het op byna elke aspek van die ekonomie en op baie terreine van ons lewens.

Die kommissie se verslag bied ons die middle om te verseker dat ons die grootste voordeel trek uit hierdie revolusionêre tegnologiese veranderinge.

'n Belangrike voorwaarde vir die sukses van ons digitale ekonomie is die beskikbaarheid van hoë-aanvraagspektrum om breëbandtoegang en betroubaarheid uit te brei.

Die reguleerder, die Onafhanklike Kommunikasie-owerheid van Suid-Afrika, het onderneem om voor die einde van 2020 die lisensiëring van hoë-aanvraagspektrum vir nywerhede deur veiling af te handel.

Weens bykomende vereistes, sal die lisensiëring van die Wireless Open Access Network (WOAN) waarskynlik gedurende die volgende jaar voltooi wees.

Die landbou is een van die bedrywe met die grootste groeipotensiaal.

Vanjaar implementeer ons belangrike aanbevelings van die Presidensiële Adviespaneel oor Grondhervorming en Landbou om grondherverdeling te bespoedig, landbouproduksie uit te brei en die bedryf te transformeer.

 Die regering is gereed – na afhandeling van die parlementêre proses om artikel 25 van die Grondwet te wysig – om 'n Wetsontwerp op Onteiening voor te lê wat die omstandighede uiteensit waarin onteiening van grond sonder vergoeding toelaatbaar sal wees.

Tot op hede het ons 44 000 hektaar staatsgrond vrygestel vir die afhandeling van grondrestitusie-eise, en sal hierdie jaar 700 000 hektaar staatsgrond vir landbouproduksie vrystel.

Ons prioritiseer jeug, vroue en mense met gestremdheid, sowel as diegene wat op gemeenskaplike grond geboer het en gereed is om hulle bedrywighede uit te brei vir opleiding en toewysing van grond.

' n Nuwe beleid vir die keuring van begunstigdes sluit verpligte opleiding vir potensiële begunstigdes in voordat grond aan hulle toegewys kan word.

As gevolg van die droogte in groot dele van die land, het boere oeste en vee verloor en het baie werkers ook hul werk en lewensonderhoud verloor.

Ons het, saam met die Landbounavorsingsraad en ander wetenskaplike en landbou-instansies, strategieë vir die versagting van droogte ontwikkel wat fokus op die ontwikkeling van droogtebestande sade, sowel as die plant en berging van voer, die verwydering van indringerplante en bestuurstrategieë om grondagteruitgang te voorkom.

Vanjaar gaan ons die kommersiële gebruik van hennep (dagga) -produkte oopstel en reguleer en geleenthede vir kleinskaalse boere bied; ons gaan ook beleid formuleer oor die gebruik van hennep-produkte vir medisinale doeleindes om hierdie bedryf op te bou ooreenkomstig wêreldtendense.

Die regulerende stappe sal binnekort deur die betrokke ministers aangekondig word.

'n Gesonde en produktiewe bevolking, met toegang tot bekostigbare gesondheidsorg, is 'n fundamentele voorwaarde vir groei en ontwikkeling.

Ons het kennis geneem van Suid-Afrikaners se geesdriftige steun tydens openbare verhore oor die Nasionale Gesondheidsversekering (NGV), en stel meganismes in werking vir die implementering daarvan na afloop van die parlementêre proses.

Ter voorbereiding op die NGV het ons reeds meer as 44 miljoen mense by meer as 3 000 klinieke in die elektroniese Gesondheidsregistrasiestelsel vir Pasiënte geregistreer, en die stelsel word tans by hospitale in werking gestel.

Ek het die Presidensiële Werkgroep oor Gestremdheid saamgestel om my kantoor te adviseer oor maatreëls wat die bemagtiging van mense met gestremdhede bevorder, terwyl die regering sy programme beplan, begrotings opstel en in werking stel.

Nadat die Departement van Basiese Onderwys in 2018 Suid-Afrikaanse Gebaretaal as ’n huistaal erken het, en die aanbeveling van die Parlementêre Grondwetlike Hersieningskomitee dat dit die 12de amptelike taal moet wees, is ons nou gereed om die kwessie te finaliseer.

Mede Suid-Afrikaners,

Ek het vroeër hierdie week teruggekeer van Addis Abeba in Ethiopië, waar Suid-Afrika die voorsitterskap van die Afrika-unie (AU) vir 2020 aanvaar het.

Ons aanvaar hierdie verantwoordelikheid op 'n belangrike tydstip vir ons vasteland.

Vanjaar tree die Afrika-kontinentale Vryhandelsgebied (AfCFTA) in werking.

Dit is ons geleentheid, as die mense van hierdie vasteland, om uitvoering te gee aan die drome van die stigters van Afrika-eenheid.

Suid-Afrika hou in Mei vanjaar 'n buitengewone AU-beraad om die modaliteit van die vryehandelsooreenkoms te finaliseer voordat dit op 1 Julie 2020 in werking gestel word.

Hier sal ons die reëls finaliseer wat 'n 'Made in Africa'-produk definieer, die tarieflyne wat oor die volgende vyf jaar tot nul verminder word, en die dienstesektore wat regoor die kontinent geopen sal word.

Ek wil van hierdie geleentheid gebruik maak om ons landgenoot, mnr Wamkele Mene, wat die afgelope naweek tot die eerste sekretaris-generaal van die AfCFTA verkies is, geluk te wens en hom van ons volle steun te verseker wanneer hy hierdie historiese en uitdagende verantwoordelikheid aanpak.

Suid-Afrika het derhalwe die ekonomiese bemagtiging van Afrika se vroue tydens sy termyn as AU-voorsitter geprioritiseer, en werk saam met alle lidlande om maatreëls om finansiële insluiting, voorkeurverkryging en voorkeurhandelsreëlings vir vroue te bevorder.

Die AU-staatshoofde het hul steun toegesê aan maatreëls om GBV op die vasteland te beëindig en beplan om in die loop van hierdie jaar 'n AU-konvensie oor geweld teen vroue goed te keur.

Deur die African Peer Review Mechanism sal Suid-Afrika met ander lande saamwerk om goeie bestuur en demokrasie te bevorder.

Ons sal alle middele tot ons beskikking gebruik – insluitend ons lidmaatskap van die VN-Veiligheidsraad – om vrede en veiligheid op die vasteland te bevorder.

Agbare lede,

Mede-Suid-Afrikaners,

Alles wat ons doen, moet ondersteun word deur doeltreffende implementering.

Daarom het ons die DDM ontwikkel, 'n unieke vorm om maatskaplike ooreenkomste te sluit wat die belangrikste rolspelers in elke distrik betrek, sodat ons ontwikkelings- en ekonomiese geleenthede kan ontsluit.

Dit herbou die staat se kapasiteit waar dit die ergste verswak is.

Tydens die SoNA van Februarie 2019 het ek die vyf dringendste take van die oomblik bespreek; die belangrikste hiervan was die noodsaaklikheid om die staat se kapasiteit te versterk om in die mense se behoeftes te voorsien.

'n Wye reeks kritiese werk word dwarsdeur die regering gedoen om die kapasiteit van plaaslike regering, as die sfeer van die regering wat die naaste aan die mense, te versterk om sy ontwikkelingsmandaat te bereik, naamlik om volhoubare maniere te vind om aan die sosiale, ekonomiese en materiële behoeftes van gemeenskappe te voldoen en om hul lewensgehalte te verbeter.

Provinsiale en nasionale regerings sal hul pogings om die kapasiteit van munisipaliteite te ondersteun en te versterk, soos vervat in Artikel 154 van die Grondwet, verdubbel en voorsiening maak vir die monitering en ondersteuning van munisipaliteite.

Dit is slegs wanneer die gestruktureerde steun misluk het dat die provinsiale uitvoerende of nasionale regering 'n artikel 139-ingryping sal aanwend om die plaaslike regering te versterk.

Tans is daar 40 munisipaliteite in die land wat aan sodanige ingryping onderwerp word.

Die maatreëls wat getref word, sal die doelstellings van die nuwe distriksgebaseerde ontwikkelingsmodel aanvul, wat op 'n geïntegreerde benadering tot dienslewering gerig is.

Inwoners van die Mamusa-munisipaliteit in Noordwes het hierdie benadering reeds in aksie gesien, waar die DDM doeltreffend gebruik is om onwettige stortingsterreine skoon te maak, pompstasies op te knap om rioolstorting in die strate te beëindig, paaie te bou en waterpype te lê, en om water en toilette aan plaaslike skole te voorsien.

Hierdie jaar beplan ons om die DDM uit te brei na 23 nuwe distrikte, met behulp van lesse uit die drie loodsdistrikte - OR Tambo-, Ethekwini- en Waterberg-distriksmunisipaliteite.

Om die staat se kapasiteit te versterk en aanspreeklikheid te verhoog, sal ek voor die einde van hierdie maand prestasie-ooreenkomste met alle ministers onderteken.

Hierdie ooreenkomste – wat op die teikens in die Mediumtermyn Strategiese Raamwerk gegrond is – sal openbaar gemaak word sodat die mense van Suid-Afrika diegene wat hulle verkies het, tot verantwoording kan roep.

Ons sien hierdie prestasie-ooreenkomste as die hoeksteen van 'n nuwe kultuur van deursigtigheid en aanspreeklikheid, waar diegene wat die verantwoordelikheid kry om te dien – hetsy as verkose ampsdraers of staatsamptenare – doen wat van hulle verwag word.

Dit is 'n kultuur waar korrupsie, nepotisme en begunstiging nie geduld word nie, en daar sal opgetree word teen diegene wat hul mag misbruik of openbare geld steel.

Sedert ek die amp aanvaar het, het ons kapasiteit in die Presidensie en elders in die staat opgebou om vordering op 'n lys van dringende hervormings te versnel.

Ons het die Projekbestuurskantoor, die Eenheid vir Infrastruktuur en Beleggings en die Beleid- en Navorsingsdienste op die been gebring om struikelblokke vir hervorming en verbetering van die regering se dienslewering die hoof te bied.

Hierdie eenhede werk nou saam met die Presidensiële Koördineringskommissie vir Infrastruktuur, InvestSA en die Ease-of-Doing-Business-taakgroep om te voorkom dat hindernisse investering en groei vertraag en te verseker dat die regering spoedig sigbare vordering toon.

Met doeltreffende en bekwame masjinerie wat nou in die sentrum van die regering beskikbaar is, sal ons op die dringendste hervormings konsentreer en waar nodig ingryp om die implementering te verseker.

Mede-Suid-Afrikaners

Ons bevind ons op 'n beslissende oomblik in ons geskiedenis.

Dit is 'n tyd van groot uitdagings en twyfel, maar ook 'n tyd van groot geleenthede.

Die afgelope twee jaar het ons saamgewerk om 'n grondslag vir vooruitgang te bou.

Dit is nou die tyd vir ons om voort te bou op daardie fondament, om te verenig, om te werk, om te volhard.

Ons sal nie ons toekoms oorgee aan twyfel, wanhoop of verdeeldheid of aan diegene wat permanent negatief is teenoor die werk wat gedoen word om die lewens van ons mense te verbeter nie.

Ons sal doelgerig voortgaan om die lewens van ons mense te verbeter.

Ons sal verandering aangryp.

Ons sal die lewe koester.

Ons sal niks vrees nie.

Terwyl ons dit doen, sal ons die geïnspireerde lirieke onthou van een van Suid-Afrika se mees geliefde musikante, uBab 'uJoseph Shabalala, die stigter van Ladysmith Black Mambazo, oor wie ons hierdie week treur.

Sy woorde, wat in 'n ander era geskryf is, is vandag steeds van pas:

“Ons kan voor hoë berge te staan kom,

Moet ontstuimige oseane oorsteek,

Ons moet ons plek in die geskiedenis inneem, 

En met waardigheid leef,

Terwyl ons na ons bestemming reik

’n Nuwe tydperk het aangebreek.”

Ek bedank u.